2022 |
- Sonop wen die mans afdelings van Tuks se 1nSync (eerstejaars konsert) kompetisie.
- Drommedaris vind plaas na St. Lucia (550km in 7 Dae).
- Sonop Serenade is die algemene wenners van Tuks se Acapella kompetisie.
- Sonop kom 2de in die koshuisrubgy liga.
|
2020 |
- Sonop kom tweede in Tuks se 1nSync (eerstejaars konsert) kompetisie.
- Sonop wen Tuks se koshuis Atletiek byeenkoms.
- Die gedeelte in die Bloutrein waar eerstejaars woon word vernoem na Die Kraal.
- Die muurbalbaan word oorgedoen.
- Die eerste #Seilsaam vind plaas.
- Die wêreldwye COVID-19 pandemie bring mee dat alle huislede die koshuis op 17/03/2020 moet verlaat. Die eerste 55 keer eers op 06/06/2020 terug en die res heelwat later. Tradisionele klasdraf word verbied en slegs aanlynlesings word aangebied.
|
2019 |
- Sonop se tweede rugbyspan (Ratels) wen die tweedespan koshuisrugby liga.
- Drommedaris XII vind plaas na Ballito (845 km in 8 dae)
- Sonop wen Tuks se tennisliga.
- Serrie na Potchefstroom vind plaas.
|
2018 |
- Die Ooste hervorm uit nuwe lede van ander streke en die ou Pegasus embleem word weer gebruik.
- Die Ooste hervorm uit nuwe lede van ander streke en kry ‘n nuwe embleem.
- Sonop verlaat Tuks-res.
- Treintoer vind plaas na Stellenbosch.
- Sonop sluit ‘n Bruikleenooreenkoms met die La Motte Pierneefmuseum om die 10 Sonop Pierneefwerke te bewaar.
- Die eerste Serrie na Potchefstroom vind plaas.
- Sonop begin jaarlike Sing! Kompetisie waarin Serenade groepe van Pretoria en Potchefstroom deelneem.
- Die eerste BOS-dag word gehou.
|
2017 |
- As wenners van die 2016 Tuks Koshuisrugby-liga neem Sonop aan die landswye Varsitybeker Koshuisrugby-liga deel
- Drommedaris XI vind plaas na Clarens (580 km in 5 dae)
- Sonop wen Tuks se koshuis krieketliga.
- Sonop wen die laaste Tuks drastoel kompetisie wat aangebied word.
- Die Memorandum van Ooreenkoms tussen Sonop en UP sedert 2001 word opgegee.
- Twee Oostemansjoene brand amper af.
- Geskiedenis van Sonop en die NG Kerk oor 100 jaar verskyn as PhD verhandeling
|
2016 |
- Die Sonop Restourasie 2013 – 2016 projek word voltooi
- Sonop se Eeufees vind plaas.
- Sonop se eerstespan ween die Koshuisrugby liga.
- Sonop wen die Tuks Serenade kompetisie.
- Treintoer vind plaas na Stellenbosch.
- Sonop wen Tuks se koshuis atletiek byeenkoms.
- Die eerste Nagmark vind plaas as ‘n fondsinsameling vir die Serenade.
|
2015 |
- Sonop wen Tuks Serenade Kompetisie.
- Sonop wen Tuks Jool.
- Sonop wen Tuks se Sokker toernooi.
- Drommedaris X vind plaas na Oudtshoorn (1200 km in 10 dae)
|
2014 |
- Treintoer Stellenbosch toe vind plaas.
- Sonop wen 1ste plek in Tuks serrie.
|
2013 |
- Frits Eloff hou sy boek bekendstelling: Kinders Van Duine by Sonop Tehuis.
- Drommedaris IX vind plaas.
- Sonop wen 1ste plek in Tuks serenade.
|
2012 |
- Sonop wen 1ste plek met hul Joolvlot gebou in samewerking met huis Erika.
- Sonop wen manskoshuis van die jaar.
|
2011 |
- Sonop se 95 jarige Mini-Fees vind plaas.
- Drommedaris VIII vind plaas.
- Alle Sonop Huisfotos en HK-fotos word digitaal gestoor.
- Sonop wes Rugby Uitklopliga en Kaskar.
|
2010 |
- Die Kommissie van Ondersoek vind plaas na negatiewe koerantberigte.
- Sonop word aangewys as Tuks se Manskoshuis van die Jaar.
- Sonop kry ‘n voltydse Koshuishoof/Huisvader.
- Die tennisbane word oorgedoen.
- ‘n Sporttoer na Wilgenhoff vind plaas.
|
2009 |
- Die Argief word amptelik oorgedoen.
- Drommedaris VII vind plaas.
|
2008 |
- Oom Gert word amptelik gerestoureer.
|
2007 |
- Drommedaris VI vind plaas.
- Sonop stel rekord op vir langste afstand binne 48 uur gehardloop op ‘n trapmeule (Tred Mill)
|
2006 |
- Sonop wen Drastoel vir 10de keer in ‘n ry.
- Sonop se 90 jarige feesvieringe word gehou.
- Drommedaris V vind plaas.
|
2005 |
- Drommedaris IV vind plaas vanaf Pretoria na Oudtshoorn.
- Sonop vir derde jaar na mekaar aangewys as Tuks Manskoshuis van die Jaar.
- Die HK word vergroot na 8 lede ter wille van transformasie.
|
2004 |
- Stel Guinness Wereldrekord op vir langste worsbroodjie in die wereld.
- Sonop word aangewys as Tuks Manskoshuis van die jaar.
|
2003 |
- Die biljardsaal word gerestoureer.
- Sonop kry ‘n administrateur(Oom Wally) wat voortaan koshuisgelde en personeel sal bestuur.
- Die linnekamer word omskep in ‘n nuwe woning vir Nonnie Groen.
- Die webblad kry ‘n groot opdatering.
|
2002 |
- Servetgevegte in die eetsaal word verban.
- Sonop besluit om ‘n wireless netwerk te installeer. Ons word dan ook een van die eerste instansies in die land met so ‘n netwerk en ‘n ADSL internet lyn.
- Die Lentedagfees in die Ooste is so groot sukses dat dit as ‘n jaarlikse gebeurtenis ingestel word.
- Die ooste se krokodil ontsnap.
|
2001 |
- Nuwe mansjoen word in gebruik geneem.
- Die Oostebord word opgerig.
- Die Blou Krokodil projek begin.
- Sonop skenk hul bus aan ‘n kinderhuis.
- Die SWB (Sonop Weerstands Beweging) word gestig om diefstal by en rondom Sonop te bekamp.
|
2000 |
- Reuse Peperboom in Weste val ‘n mansjoen plat.
|
1999 |
- Algemene Sinode verkoop Sonop aan die Sonopraad teen R2,000,000
- Sonop kry ‘n webblad.
|
1993 |
- Bollietrollie word oorgedoen.
- Sonop hou vir die eerste keer ‘n huisdans.
- Sonop konserttoer samel R28 000 in ten bate die Abraham Kriel kinderhuis.
- Ooste kry nuwe oostekar (Ooste III)
|
1992 |
|
1990 |
- Muurbalbaan voltooi.
- Sonop onderneem 3 fietstoere en samel R30 000 in ten bate van die kankervereniging.
|
1989 |
- Oom Gert se baadjie word geverf.
- Die Weste se Zebra, Kolle, word deur Kollege geskaak.
|
1988 |
- Polisie raid met ‘n Kaspir.
- Sonop kry 27 broodbome.
- Bollietrollie kry nuwe enjin.
|
1987 |
- Polisie raid met ‘n Kaspir.
|
1986 |
- Malawi-toer (Sien Sonop geskiedenisblaadjie p. 16)
- Noordehek word verwyder nadat meisies met ‘n nuwe Mazda daarteen vasjaag.
- Restourasiekomitee ontbind na afhandeling van die 10-jaar projek.
- Bond van Oud-Sonoppers word gestig.
|
1985 |
- Drie swart kombuispersoneellede neem deel aan sonoppie.
- Regstappe word teen Sonop geneem na ‘n Raid.
|
1982 |
- Die hele huiskomitee word geskors a.g.v die T-partytjie op die weste grasperk. Vervolgens neem eerstejaars nie meer deel aan die T-partytjie nie maar wel semmies.
|
1980 |
- Tydens George Zamfir se besoek speel Robert Snyman panfluit met ienks wat op melkbottels begelei. Robert skenk ook ‘n panfluit wat hy gemaak het aan Zamfir.
- Die Jan Scholtz fliek “Kiepie en Kandas” word in Sonop geskiet waarna die Bollietrollie (Sweatheart) aan die Weste geskenk word.
|
1976 |
- Fakkelloop vanaf Voortrekkermonument na Umtata ter gelukwense aan die Transkei met hulle onafhanklikheidswording. (Sien Sonop geskiedenisblaadjie p. 7)
- Die Sonopvlag word amptelik in gebruik geneem. Die Sonop huislied,”Zoem Garribaldi”, geskryf deur Kobus Seegers, word ook in gebruik geneem.
- Sonop se restourasiekomitee word op die been gebring wat Sonop oor’n tydperk van 10 jaar restoureer teen ‘n bedrag van nagenoeg R300 000. Oud Sonoppers het die grootste deel daarvan bygedra.
- Eerste Sonop Dagbreek verskyn.
|
1975 |
- Sonop word eerste koshuis aan UP wat ‘n TV besit.
- Die pil word voortaan in poedingformaat bedien.
- Eerste Sonop “Rally”
- Noorde bring ‘n valhek aan om Raids te stop
|
1973 |
- Drommedaris II samel geld vir Suiderkruis in.
|
1970 |
- Nonnie van der Westhuizen bedank menende dat die studente barbaars is met verwysing na hulle tugprosedures.
|
1969 |
- Na aanleiding van ‘n ienk se oom se klagtes by die rektor, word ‘n ondersoekkommissie op die been gebring om Sonop se praktyke te ondersoek.
|
1966 |
- Drommedaris: Twee fietse met ‘n drom tussenin vertrek na Rhodesie vir reklame vir Sonop se halfeeufeesvieringe.
|
1957 |
- Sonop se nasionale sportsoort, “Bekertjie”, sien die lig.
|
1955 |
- Sonop word as Republiek uitgeroep.
|
1950 |
- Semels is die eerste troeteldier wat huislidstatus kry maar moes eers die pil eet.
|
1944 |
|
1942 |
- Sonop word eerste koshuis op UP met swembad. Die swembad is langs die eetsaal gebou teen ‘n koste van 250 pond.
|
1939 |
- Figuur wat as onderbroekadvertensie gedien het word gesteel en Garribaldi gedoop.
|
1936 |
- Eerste bordjie word in Sonop opgesit.
|
1935 |
- Groot Trek: Al die huislede verlaat die tehuis en bring die jaar in Buxton deur.
|
1932 |
- Oom Gert neem sy tuiste in Sonop in.
|
1925 |
- Dieselfde petalje herhaal homself onder voorsitterskap van W. Visser
|