Soms wens ek die mure van Sonop kon praat en die stories van die verlede vertel. Gelukkig dra die mure die tradisie, kultuur en broederskap van al die jare saam en so word dit deel van elke nuwe Sonopper se Sonop-ervaring. Wat ‘n groot voorreg is dit nie om in ‘n plek soos geen ander te kan bly nie.
Sonop vat jong seuns en leer hulle wat dit is om manne te wees. Manne wat met waarheid en krag die Koninkryk van God in ons midde vestig. Manne wat met Liefde en Godvresendheid hulle rolle as hoof en priester van hul gesinne sal inneem. Manne wat in God se lig wandel en aanhou soek na ‘n dieper verhouding met God.
Hardewerk, deursettings vermoë en moeilike tye. Sonop leer jou hoe om onder moeilike omstandighede te funksioneer – diamante word slegs onder hoë druk gevorm. Christelike waardes, karakter en deursettingsvermoë, dis ons kultuur.
Sonop is jou onregverdige voordeel in die lewe. Hierdie is iets wat ‘n Oud-Sonopper vir my gesê het en tot vandag toe bly dit my by. Elke dag wat verby gaan sien mens dat Sonop’n belegging in mens se lewe is.
Wat is erger as ‘n huis sonder ‘n moeder…? Beslis “Sonop sonder ‘n Nonnie” As Sonop Nonnie is dit nie net my plig om elke jongman se maag vol te hou nie, maar uit liefde dra ek elke Sonopper se belange op die hart. Nonnie is jou ma weg van die huis…
‘n Sonop inwoner is ‘n doodnormale persoon wat harder werk as ander normale mense en dit is die kern tot Sonop se sukses.
Dit gaan oor trots. Dit gaan oor geskiedenis en tradisie. Dis die Hoop vir die toekoms. Op alle gebiede, van kultuur , akademie en op die sportveld. Word die gewone outjie eweskielik n held. Sondagaand ego die klank van n groep mans deur die Strate van Pretoria. 105 jaar se tradisie is altyd saam in gees. Want Bittermin kan n Sonopper wees.
“It’s hard to beat a person who never gives up.” – Babe Ruth. Hierdie aanhaling som ‘n Sonopper perfek op. ‘n Sonopper gaan nie noodwendig die beste op die veld of die slimste in die klas wees nie, maar hy gee NOOIT op nie, en dis wat Sonop laat uitstaan bo al die ander koshuise, dis wat Sonop die beste maak.
TROETELDIERE
Jaar | Troeteldier |
---|---|
2023 | Indy (Noorde Hond) Rex (Weste Hond) Kandas (Sentraal Hond) Stoffel (Ooste Hond) |
2022 | Indy (Noorde Hond) Rex (Weste Hond) Kandas (Sentraal Hond) Stoffel (Ooste Hond) Zazu (Noorde se Volstruis Kuiken) Olof (Ooste se Miniatuur Perd) Victor en Bakkies (Weste se Boerbokke) |
2021 | Indiana “Indy” Jones (Noorde Hond) Rex (Weste Hond) Kandas (Sentraal Hond) Stoffel (Ooste Hond) Bert (Noorde se Dwergbok) |
2020 | Shadow (Ooste Hond) Ratel (Weste Hond) Maclovin (Noorde Hond) Zeus (Sentraal Hond) Sanchez (Ooste Miniatuur Donkie) |
2019 | Shadow (Ooste Hond) Mavrick (Weste Hond) Maclovin (Noorde Hond) Zeus (Sentraal Hond) Ruben (Noorde se Vark) Dawie (Ooste se Bok) |
2018 | Chesterfield (Ooste Hond) Mavrick (Weste Hond) Maclovin (Noorde Hond) Richelieu (Sentraal Hond) Schindler (Verre Weste Hond) Akhila (Verre Weste Hond) Spit en Braai (Noorde se Dorper Skape) |
2017 | Sakkie/Scofield (Noorde Hond) Django (Sentraal Hond) Mavrick (Weste Hond) Koper (Verre Weste Hond) Zulu (Ooste Hond) Zirk (Ooste Krokodil) Sonop (Nonnie Hond) Cluedo (Huisvader Hond) Tammy-Lynn (Noorde European Wildboar) |
2016 | Sakkie (Noorde Hond) – Ontsnap gereeld van die koshuis af na klomp verskillende plekke en word bekend as ‘Scofield’ van die sepie Prison Break. Django (Sentraal Hond) Mavrick (Weste Hond) – Word na ‘n jaar opgespoor en terug huis toe gebring. Koper (Verre Weste Hond) – Oorsproklink as die Weste hond by Sonop gearriveer, maar as die Verre Weste hond verklaar na Mavrick weer tuis is. Zulu (Ooste Hondg) Zirk (Ooste Krokodil) – Het eenkeer ontsnap, maar was weer by die bure gevang. Fanie & Isabella (Noorde Bokkies) Sonop (Nonnie Hond) Cluedo (Huisvader Hond) Twee Katte (Bloutrein) – Name onbekend Hasies (Noorde) |
2015 | Pluto (North Dog) Django (Sentraal Dog) Mavrick (West Dog) – Word oor die Jun/Jul vakansie ontvoer en as vermis verklaar. Sonop (Nonnie’s Dog) Cluedo (Head Master’s dog) Tyson (East Dog) Hoenders (Noorde) |
2014 | Pluto (North Dog) Mielie (Sentraal Dog) Einstein (West Dog) Spit & Braai (North Sheep) – Was toe nooit gespit of gebraai nie. Sonop (Nonnie’s Dog) Cluedo (Head Master’s dog) Hoenders (Noorde) |
2003 | Johnny (Aap) – Slegs ‘n inwoner vir ‘n paar weke. Jessie (Wes Hond) – Steeds met ons. |
2002 | Die krokodil ontsnap. Speek (Oos Hond) – Die beste bal-vaardighede nog ooit gesien het. Nooit sonder ‘n bal in sy mond |
2001 | Kazzak (Verre Wes Hond) – Die hond wat lenks en rowers dieselfde behandel Krokodil (Oos) Pumba (WestVlakvark) ‘n Paar hase, ‘n hamster (Killer), varke en ‘n hoender (wat mettertyd verdwyn het in die krokodil hok.) Jessie word daarvan verdink vir die steel van die krokodil kos in die Ooste(Die Kuikens) Mina (Noord Hond) |
2000 | Jonah (Hond) |
1998 | Constand (Hond) Suede (Kat) Rupert (Hond) Boesman (Hond) Smirre (Papegaai) |
1997 | Admiraal (Hond) Magriet (Vark) |
1996 | Grietjie (Hond) Tasha (Hond) |
1995 | Boom (Hond) Jessie (Kat) |
1994 | Shivaz (Hond) |
1993 | Carlos (Hond) |
1989 | Bakgat (Hond) Patricia (Hond) Koba (Koei) – Verwyder van die perseel na 3 maande deur die polisie The North gets 24 chicklets. Ginger (Kat) – Die rede dat slegs 3 van die bogenoemde kuikens volwassenheid bereik het. |
1988 | Pistool (Hond) Puzzel (Hond) Boempie (Hond) |
1987 | Temba (Hond) Slet (Kat) |
1985 | Temba is opgeroep vir diens op die Angoliese grens. (Hond) |
1982 | Swapo (Bobbejaan) |
1978 | Pluto (Hond) |
1976 | Pote (Hond) |