Soms wens ek die mure van Sonop kon praat en die stories van die verlede vertel. Gelukkig dra die mure die tradisie, kultuur en broederskap van al die jare saam en so word dit deel van elke nuwe Sonopper se Sonop-ervaring. Wat ‘n groot voorreg is dit nie om in ‘n plek soos geen ander te kan bly nie.
Dit gaan oor trots. Dit gaan oor geskiedenis en tradisie. Dis die Hoop vir die toekoms. Op alle gebiede, van kultuur , akademie en op die sportveld. Word die gewone outjie eweskielik n held. Sondagaand ego die klank van n groep mans deur die Strate van Pretoria. 105 jaar se tradisie is altyd saam in gees. Want Bittermin kan n Sonopper wees.
“It’s hard to beat a person who never gives up.” – Babe Ruth. Hierdie aanhaling som ‘n Sonopper perfek op. ‘n Sonopper gaan nie noodwendig die beste op die veld of die slimste in die klas wees nie, maar hy gee NOOIT op nie, en dis wat Sonop laat uitstaan bo al die ander koshuise, dis wat Sonop die beste maak.
Sonop is jou onregverdige voordeel in die lewe. Hierdie is iets wat ‘n Oud-Sonopper vir my gesê het en tot vandag toe bly dit my by. Elke dag wat verby gaan sien mens dat Sonop’n belegging in mens se lewe is.
‘n Sonop inwoner is ‘n doodnormale persoon wat harder werk as ander normale mense en dit is die kern tot Sonop se sukses.
Wat is erger as ‘n huis sonder ‘n moeder…? Beslis “Sonop sonder ‘n Nonnie” As Sonop Nonnie is dit nie net my plig om elke jongman se maag vol te hou nie, maar uit liefde dra ek elke Sonopper se belange op die hart. Nonnie is jou ma weg van die huis…
Hardewerk, deursettings vermoë en moeilike tye. Sonop leer jou hoe om onder moeilike omstandighede te funksioneer – diamante word slegs onder hoë druk gevorm. Christelike waardes, karakter en deursettingsvermoë, dis ons kultuur.
Sonop vat jong seuns en leer hulle wat dit is om manne te wees. Manne wat met waarheid en krag die Koninkryk van God in ons midde vestig. Manne wat met Liefde en Godvresendheid hulle rolle as hoof en priester van hul gesinne sal inneem. Manne wat in God se lig wandel en aanhou soek na ‘n dieper verhouding met God.
SPORT
Sonop is ‘n koshuis met slegs 160 huislede en moet jaar na jaar kompeteer teen ander koshuise wat minstens dubbel ons getalle het, daarom is deelname, veelsydigheid en ondersteuning vir ons baie belangrik. Sonop bied vir elke huislid ‘n waardevolle geleentheid om aan ‘n wye verskeidenheid sportsoorte (insluitend Rugby, Krieket, Hokkie, Sokker, Basketbal, Muurbal, Tennis, Vlugbal, Swem, Atletiek en selfs Netbal) deel te neem.
Sonop is ook die enigste mans koshuis in die land wat kan spog met sy eie tennisbaan, muurbalbaan, krieketnette en gimnasium. Hierdie fasiliteite is heeldag beskikbaar vir Sonoppers om te gebruik.
Ons streef daarna om ‘n gesonde gees te skep deur om saam aan aktiwiteite deel te neem as Sonoppers, daarom het ons ook ‘n klomp interne sportbyeenkomste wat plaasvind om die gees in die koshuis lekker hoog te hou. Ons het elke eksamen ‘n interne vlugbal liga wat baie kompeterend is, daar word gereeld verskillende sportsoorte beoefen in ons verskillende streke wat strek van parkie krieket tot lekker touch rugby.