“It’s hard to beat a person who never gives up.” – Babe Ruth. Hierdie aanhaling som ‘n Sonopper perfek op. ‘n Sonopper gaan nie noodwendig die beste op die veld of die slimste in die klas wees nie, maar hy gee NOOIT op nie, en dis wat Sonop laat uitstaan bo al die ander koshuise, dis wat Sonop die beste maak.
Hardewerk, deursettings vermoë en moeilike tye. Sonop leer jou hoe om onder moeilike omstandighede te funksioneer – diamante word slegs onder hoë druk gevorm. Christelike waardes, karakter en deursettingsvermoë, dis ons kultuur.
Sonop is jou onregverdige voordeel in die lewe. Hierdie is iets wat ‘n Oud-Sonopper vir my gesê het en tot vandag toe bly dit my by. Elke dag wat verby gaan sien mens dat Sonop’n belegging in mens se lewe is.
Dit gaan oor trots. Dit gaan oor geskiedenis en tradisie. Dis die Hoop vir die toekoms. Op alle gebiede, van kultuur , akademie en op die sportveld. Word die gewone outjie eweskielik n held. Sondagaand ego die klank van n groep mans deur die Strate van Pretoria. 105 jaar se tradisie is altyd saam in gees. Want Bittermin kan n Sonopper wees.
‘n Sonop inwoner is ‘n doodnormale persoon wat harder werk as ander normale mense en dit is die kern tot Sonop se sukses.
Soms wens ek die mure van Sonop kon praat en die stories van die verlede vertel. Gelukkig dra die mure die tradisie, kultuur en broederskap van al die jare saam en so word dit deel van elke nuwe Sonopper se Sonop-ervaring. Wat ‘n groot voorreg is dit nie om in ‘n plek soos geen ander te kan bly nie.
Sonop vat jong seuns en leer hulle wat dit is om manne te wees. Manne wat met waarheid en krag die Koninkryk van God in ons midde vestig. Manne wat met Liefde en Godvresendheid hulle rolle as hoof en priester van hul gesinne sal inneem. Manne wat in God se lig wandel en aanhou soek na ‘n dieper verhouding met God.
Wat is erger as ‘n huis sonder ‘n moeder…? Beslis “Sonop sonder ‘n Nonnie” As Sonop Nonnie is dit nie net my plig om elke jongman se maag vol te hou nie, maar uit liefde dra ek elke Sonopper se belange op die hart. Nonnie is jou ma weg van die huis…
TRADISIES
Sedert Sonop se ontstaan in 1917, het ‘n groot getal mense al aan Sonop geskaaf terwyl Sonop aan hulle skaaf. So het die koshuis dan ‘n ryke tradisie ontwikkel wat vandag een van die aspekte van die koshuis is wat elke Sonopper groot trots gee.
‘n Groot klomp van Sonop se tradisies is vir die buitewereld onbekend en af en toe glip die woord nagligte of oliegedroggies oor ‘n Sonopper se lippe wat almal laat wonder. Slegs nagenoeg vyftig studente het jaarliks die voorreg om deel van die familie te word en aan hierdie tradisies deel te he.
BORDJIES
Sonop bied aan eksterne instansies die geleentheid om gratis te adverteer op Sonop se perseel. Sonoppers neem dan ook die verantwoordelikheid om die nodige reklamemateriaal (bordjies in die tipiese geval) by die instansies te gaan afhaal en by Sonop aan te bring. Die eerste bordjie, “Blossom’s Delight” het omstreeks 1939 voor kamer 71 en 72 sy verskyning gemaak. Tans is daar meer as 700 bordjies wat in Sonop pryk.
BAADJIE EN DAS
Dit is algemene kennis dat die bes geklede student op kampus sonder twyfel ‘n Sonop ienk is. Daarom dat die swaksgeklede student op kampus goed moontlik ‘n Sonop semmie is maar dit vir eers ter syde. Sonop eerstejaars word geken aan hulle netjiese voorkoms soos wat hulle in pakke klere op kampus rondloop.
ETES
Etenstye in Sonop bly maar telkens ‘n belewenis. Met die deftig geklede eerstejaars wat die Seniors bedien en Nonnie (ons matrone) se kreatiewe geregte, sorg etenstye elke dag vir groot opwinding. Sonop se etes verskil wesenlik van ander koshuise s’n en veral in die opsig dat al die Sonoppers saam aansit vir ete.