Sonop vat jong seuns en leer hulle wat dit is om manne te wees. Manne wat met waarheid en krag die Koninkryk van God in ons midde vestig. Manne wat met Liefde en Godvresendheid hulle rolle as hoof en priester van hul gesinne sal inneem. Manne wat in God se lig wandel en aanhou soek na ‘n dieper verhouding met God.
Sonop is jou onregverdige voordeel in die lewe. Hierdie is iets wat ‘n Oud-Sonopper vir my gesê het en tot vandag toe bly dit my by. Elke dag wat verby gaan sien mens dat Sonop’n belegging in mens se lewe is.
Dit gaan oor trots. Dit gaan oor geskiedenis en tradisie. Dis die Hoop vir die toekoms. Op alle gebiede, van kultuur , akademie en op die sportveld. Word die gewone outjie eweskielik n held. Sondagaand ego die klank van n groep mans deur die Strate van Pretoria. 105 jaar se tradisie is altyd saam in gees. Want Bittermin kan n Sonopper wees.
‘n Sonop inwoner is ‘n doodnormale persoon wat harder werk as ander normale mense en dit is die kern tot Sonop se sukses.
Wat is erger as ‘n huis sonder ‘n moeder…? Beslis “Sonop sonder ‘n Nonnie” As Sonop Nonnie is dit nie net my plig om elke jongman se maag vol te hou nie, maar uit liefde dra ek elke Sonopper se belange op die hart. Nonnie is jou ma weg van die huis…
Hardewerk, deursettings vermoë en moeilike tye. Sonop leer jou hoe om onder moeilike omstandighede te funksioneer – diamante word slegs onder hoë druk gevorm. Christelike waardes, karakter en deursettingsvermoë, dis ons kultuur.
Soms wens ek die mure van Sonop kon praat en die stories van die verlede vertel. Gelukkig dra die mure die tradisie, kultuur en broederskap van al die jare saam en so word dit deel van elke nuwe Sonopper se Sonop-ervaring. Wat ‘n groot voorreg is dit nie om in ‘n plek soos geen ander te kan bly nie.
“It’s hard to beat a person who never gives up.” – Babe Ruth. Hierdie aanhaling som ‘n Sonopper perfek op. ‘n Sonopper gaan nie noodwendig die beste op die veld of die slimste in die klas wees nie, maar hy gee NOOIT op nie, en dis wat Sonop laat uitstaan bo al die ander koshuise, dis wat Sonop die beste maak.
KOSHUISHOOF
‘N WOORD VAN DIE KOSHUISHOOF/HUISVADER
Bittermin kan ‘n Sonopper wees.
So lui een van die reëls in Sonop se huislied getiteld Zoem Garrilbaldi.
En hoe waar is dit nie!
Sonop is die kleinste manskoshuis op die Tukkiekampus met plek vir slegs 160 inwoners teenoor die ander UP koshuise se 300 plus inwoners. Slegs tussen 40 en 50 eerstejaars word jaarliks hier toegelaat teenoor meer as 100 by die ander koshuise.
Moet egter nie dink dat die klein inwonertal Sonoppers ontneem van deelname, dinamiek en prestasies op die Tukkiekampus nie!
Kyk maar net na ons gelukbringer Garribaldi. Hyself staan maar sowat ‘n halwe meter hoog in sy skoene, maar straal ‘n vasberadenheid uit waarmee hy wil se: Ek is klein maar getrein. Moet my nie onderskat nie – jy sal jou rieme styfloop.
Sy gevoude arms en vasberade gesigsuitdrukking druk ‘n gedagte van Churchill baie beter uit as Churchill self: We shall fight them on the hills, we shall fight them in the valleys, we shall fight them on the beaches, we shall never surrender.
Sonop se argief vol fotos, trofees en toekennings getuig van hierdie klein mannetjie se klein Sonopbrigade wat gereeld die oormag UP manskoshuise die stryd aansê en as oorwinnaars uit die stryd tree.
Geniet die webblad waarop jy nou is – neem ‘n “elektroniese” reis deur Sonop se bykans 102 jaar se bestaan vol van tradisies en prestasies – ‘n unieke verblyfplek in die boomryke Brooklyn en skaars ‘n kilometer van die hoofkampus van die Universiteit van Pretoria.
En sou jy belangstel om aansoek te doen – doen dit dadelik!
Onthou …… Bittermin kan ‘n Sonopper wees!
Sonopgroete,
Tonie Viljoen : Koshuishoof/Koshuisvader