‘n Sonop inwoner is ‘n doodnormale persoon wat harder werk as ander normale mense en dit is die kern tot Sonop se sukses.
“It’s hard to beat a person who never gives up.” – Babe Ruth. Hierdie aanhaling som ‘n Sonopper perfek op. ‘n Sonopper gaan nie noodwendig die beste op die veld of die slimste in die klas wees nie, maar hy gee NOOIT op nie, en dis wat Sonop laat uitstaan bo al die ander koshuise, dis wat Sonop die beste maak.
Sonop is jou onregverdige voordeel in die lewe. Hierdie is iets wat ‘n Oud-Sonopper vir my gesê het en tot vandag toe bly dit my by. Elke dag wat verby gaan sien mens dat Sonop’n belegging in mens se lewe is.
Wat is erger as ‘n huis sonder ‘n moeder…? Beslis “Sonop sonder ‘n Nonnie” As Sonop Nonnie is dit nie net my plig om elke jongman se maag vol te hou nie, maar uit liefde dra ek elke Sonopper se belange op die hart. Nonnie is jou ma weg van die huis…
Dit gaan oor trots. Dit gaan oor geskiedenis en tradisie. Dis die Hoop vir die toekoms. Op alle gebiede, van kultuur , akademie en op die sportveld. Word die gewone outjie eweskielik n held. Sondagaand ego die klank van n groep mans deur die Strate van Pretoria. 105 jaar se tradisie is altyd saam in gees. Want Bittermin kan n Sonopper wees.
Sonop vat jong seuns en leer hulle wat dit is om manne te wees. Manne wat met waarheid en krag die Koninkryk van God in ons midde vestig. Manne wat met Liefde en Godvresendheid hulle rolle as hoof en priester van hul gesinne sal inneem. Manne wat in God se lig wandel en aanhou soek na ‘n dieper verhouding met God.
Hardewerk, deursettings vermoë en moeilike tye. Sonop leer jou hoe om onder moeilike omstandighede te funksioneer – diamante word slegs onder hoë druk gevorm. Christelike waardes, karakter en deursettingsvermoë, dis ons kultuur.
Soms wens ek die mure van Sonop kon praat en die stories van die verlede vertel. Gelukkig dra die mure die tradisie, kultuur en broederskap van al die jare saam en so word dit deel van elke nuwe Sonopper se Sonop-ervaring. Wat ‘n groot voorreg is dit nie om in ‘n plek soos geen ander te kan bly nie.
GELUKBRINGERS
1932 : Twee Sonoppers en twee Kollegemanne steel vir Oom Gert en na enkele wedervaringe neem hy sy tuiste in Sonop in. (Sien 60 jarigefeesblad p.15)
1939 : Figuur wat as onderbroekadvertensie gedien het word gesteel en Garribaldi gedoop.
1942 : Kollege en Voortrekker probeer onderskeidelik om vir Oom Gert te steel maar is onsuksesvol.
1942 : Onderstepoort slaag daarin om vir Oom Gert te ontvoer en ketting hom aan sy hand vas. Toe Sonop hom terugsteel moes hulle sy hand afsaag. Oom Gert het ongelukkig eers in 1998 weer volle gebruik van sy hand herwin.
1944 : Kollege ontvoer vir Oom Gert en kort na hulle Vergeet-my-nie.
1950 : Vergeet-my-nie se gelukbringer (Olifant wat tans Jasmyn se gelukbringer is) word buitgemaak.
1950 : Wits steel vir Oom Gert.
1956 : Sonop skenk ‘n kameelperd aan Asterhof as gelukbringer.
1963 : Brandwag op NKP se gelukbringer word gesteel.
1972 : “Grasie” van Asterhof word gesteel, gebruik vir foto’s en weer terugbesorg sonder dat die dames daarvan bewus is.
1975 : Kollege se gelukbringer, “Sarge Bourke” word gesteel.
1976 : Die Sonopvlag word amptelik in gebruik geneem.
1999 : Oom Gert word deur Madelief gesteel maar ervaar sy nuwe tuiste as baie onaangenaam en vind gou weer sy pad terug na Sonop.