Wat is erger as ‘n huis sonder ‘n moeder…? Beslis “Sonop sonder ‘n Nonnie” As Sonop Nonnie is dit nie net my plig om elke jongman se maag vol te hou nie, maar uit liefde dra ek elke Sonopper se belange op die hart. Nonnie is jou ma weg van die huis…
“It’s hard to beat a person who never gives up.” – Babe Ruth. Hierdie aanhaling som ‘n Sonopper perfek op. ‘n Sonopper gaan nie noodwendig die beste op die veld of die slimste in die klas wees nie, maar hy gee NOOIT op nie, en dis wat Sonop laat uitstaan bo al die ander koshuise, dis wat Sonop die beste maak.
Soms wens ek die mure van Sonop kon praat en die stories van die verlede vertel. Gelukkig dra die mure die tradisie, kultuur en broederskap van al die jare saam en so word dit deel van elke nuwe Sonopper se Sonop-ervaring. Wat ‘n groot voorreg is dit nie om in ‘n plek soos geen ander te kan bly nie.
Dit gaan oor trots. Dit gaan oor geskiedenis en tradisie. Dis die Hoop vir die toekoms. Op alle gebiede, van kultuur , akademie en op die sportveld. Word die gewone outjie eweskielik n held. Sondagaand ego die klank van n groep mans deur die Strate van Pretoria. 105 jaar se tradisie is altyd saam in gees. Want Bittermin kan n Sonopper wees.
Hardewerk, deursettings vermoë en moeilike tye. Sonop leer jou hoe om onder moeilike omstandighede te funksioneer – diamante word slegs onder hoë druk gevorm. Christelike waardes, karakter en deursettingsvermoë, dis ons kultuur.
Sonop vat jong seuns en leer hulle wat dit is om manne te wees. Manne wat met waarheid en krag die Koninkryk van God in ons midde vestig. Manne wat met Liefde en Godvresendheid hulle rolle as hoof en priester van hul gesinne sal inneem. Manne wat in God se lig wandel en aanhou soek na ‘n dieper verhouding met God.
Sonop is jou onregverdige voordeel in die lewe. Hierdie is iets wat ‘n Oud-Sonopper vir my gesê het en tot vandag toe bly dit my by. Elke dag wat verby gaan sien mens dat Sonop’n belegging in mens se lewe is.
‘n Sonop inwoner is ‘n doodnormale persoon wat harder werk as ander normale mense en dit is die kern tot Sonop se sukses.
HUISLIED
Zoem Garribaldi
Zoem Garri garri garri zoem Garribaldi
Zoem Garri garri garri zoem Garribaldi
Op die plaas is daar net een huis
Noem ‘n plek en daar is ons tuis
Bittermin kan ‘n Sonopper wees
Want ons gee onsself om lojaal te wees
Zoem Garri garri garri zoem Garribaldi
Zoem Garri garri garri zoem Garribaldi
Met Oom Gert en Pluto tesaam
Steel ons bordjies, bou ons ‘n naam
Die Nonnie se maalvleis en tjips bring verdriet
Neem net kennis om toeter te blaas is verbied
Zoem Garri garri garri zoem Garribaldi
Zoem Garri garri garri zoem Garribaldi
Nietemin dit bly steeds ‘n fees
Om ‘n lid van Sonop te wees
Waarom sal ons oor die poefplaas wil huil
Want wie wil tradisie vir luuksheid verruil
Zoem Garri garri garri zoem Garribaldi
Zoem Garri garri garri zoem Garribaldi
Zoem Garri garri garri zoem
Voorsitter: “Van Sonop”
Huislede : “Tot laat”
Voorsitter: “Al hoe meer”
Huislede : “Kwaad”
Voorsitter: “Laat die beile”
Huislede : “Huil”
Die huislied is in 1976 geskryf deur Kobus Segers op die wysie van ‘n tradisionele Turkse volksliedjie.
Waar tans “Pluto” gesing word was aanvanklik “Pote” wat toe die koshuis se hond was.
Die bedoeling was dat die huislied sou verander soos wat die hond in die koshuis verander maar om een of ander rede het die naam “Pluto”, wat toevallig Pote se seun was, vas gesteek.