‘n Sonop inwoner is ‘n doodnormale persoon wat harder werk as ander normale mense en dit is die kern tot Sonop se sukses.

Dewald van Lingen, HK 2019/20

Sonop is jou onregverdige voordeel in die lewe. Hierdie is iets wat ‘n Oud-Sonopper vir my gesê het en tot vandag toe bly dit my by. Elke dag wat verby gaan sien mens dat Sonop’n belegging in mens se lewe is.

Alex Winter, HK 2019/20

Hardewerk, deursettings vermoë en moeilike tye. Sonop leer jou hoe om onder moeilike omstandighede te funksioneer – diamante word slegs onder hoë druk gevorm. Christelike waardes, karakter en deursettingsvermoë, dis ons kultuur.

Elvis Zondi, HK 2019/20

Sonop vat jong seuns en leer hulle wat dit is om manne te wees. Manne wat met waarheid en krag die Koninkryk van God in ons midde vestig.  Manne wat met Liefde en Godvresendheid hulle rolle as hoof en priester van hul gesinne sal inneem.  Manne wat in God se lig wandel en aanhou soek na ‘n dieper verhouding met God.

Jacobus Cordier, Onder Voorsitter 2019/20

Soms wens ek die mure van Sonop kon praat en die stories van die verlede vertel. Gelukkig dra die mure die tradisie, kultuur en broederskap van al die jare saam en so word dit deel van elke nuwe Sonopper se Sonop-ervaring. Wat ‘n groot voorreg is dit nie om in ‘n plek soos geen ander te kan bly nie.

CM Kriel, Voorsitter 2019/20

Dit gaan oor trots. Dit gaan oor geskiedenis en tradisie. Dis die Hoop vir die toekoms. Op alle gebiede, van kultuur , akademie en op die sportveld. Word die gewone outjie eweskielik n held. Sondagaand ego die klank van n groep mans deur die Strate van Pretoria. 105 jaar se tradisie is altyd saam in gees. Want Bittermin kan n Sonopper wees.

Adriaan Lombard, HK 2019/20

“It’s hard to beat a person who never gives up.” – Babe Ruth. Hierdie aanhaling som ‘n Sonopper perfek op. ‘n Sonopper gaan nie noodwendig die beste op die veld of die slimste in die klas wees nie, maar hy gee NOOIT op nie, en dis wat Sonop laat uitstaan bo al die ander koshuise, dis wat Sonop die beste maak.

Stefan Kruger, HK 2019/20

Wat is erger as ‘n huis sonder ‘n moeder…? Beslis “Sonop sonder ‘n Nonnie” As Sonop Nonnie is dit nie net my plig om elke jongman se maag vol te hou nie, maar uit liefde dra ek elke Sonopper se belange op die hart. Nonnie is jou ma weg van die huis…

Nonnie Jenny Buys

GROOT FIGURE VAN SONOP

SONOP IS DIE SLYPSTEEN VAN MENIGE STUDENTE WAT DIE VOORREG HET OM HULLE STUDIEJARE DAAR TE KAN DEURBRING. MANNE VAN GROOT KALIBER IS AL UIT SONOP OPGEWEK.

  • Min. M.D.C de Wet Nel (Huisvoorsitter 1925)
  • Min. Pik Botha
  • Min. C. Botha
  • Min. T.C. du Plessis
  • Min. Maree
  • Min. H. Muller (Huisvoorsitter 1936)
  • Min. A.J. Raubenheimer
  • Uli Schmidt
  • Anton Rupert
  • Murray Janson
  • Louis Brittz
  • Willem Alberts
  • Robert Snyman (Roberto)

Sonop het ook oor die jare al talle VSR-Voorsitters en Perdebyredakteurs daar gehad.

VSR-VOORSITTERS REDAKTEURS VAN “DIE PERDEBY”
1927 : M.D.C de Wet Nel 1945 : Willie Lubbe
1928 : M.D.C de Wet Nel 1946 : W.L. Maree
1936 : Hilgard Muller 1948 : A.H. van Zyl
1938 : Anton Rupert 1949 : W.D. Jonker
1941 : G.J. Davidtsz 1950 : Murray Janson
1942 : G.J. Davidtsz 1951 : Nico Smith
1950 : W.L. Maree 1952 : Henno Cronje
1952 : W.D. Jonker 1953 : M.W. de Beer
1953 : L.C. Malan 1954 : C.H. Human
1954 : D. Bosch 1955 : J.G. Meiring
1955 : J.C. Lotter 1956 : J. Fourie
1957 : J.H. Nel 1962 : W. van Niekerk
1958 : J.M. Hofmeyr 1963 : Lucas Swart
1961 : H.D.K van der Merwe 1964 : H. Dreyer
1962 : J.S. Oosthuizen 1965 : J. Bezuidenhout
1964 : W.P. van Niekerk 1972 : Dirk Kotze
1975 : Dirk Kotze 1973 : Hendrik Bosman
1976 : Hendrik Bosman 1974 : Hendrik Kotze
1978 : Daan Mills 1975 : Fred Camphor
1980 : Nelus Niemandt 1977 : Jimmie Hamman
1982 : Hans Oosthuizen 1978 : Nelus Niemandt
1984 : Paul Grobler 1980 : Andre Barlett
1986 : Drikus Kriek 1981 : Paul Grobler
1987 : Buurman Botha 1982 : Murray Hofmeyr
1984 : Danie Moller
1985 : Appie Pienaar
1986 : Frans Viljoen
1988 : Paul Dijkstra