Soms wens ek die mure van Sonop kon praat en die stories van die verlede vertel. Gelukkig dra die mure die tradisie, kultuur en broederskap van al die jare saam en so word dit deel van elke nuwe Sonopper se Sonop-ervaring. Wat ‘n groot voorreg is dit nie om in ‘n plek soos geen ander te kan bly nie.
“It’s hard to beat a person who never gives up.” – Babe Ruth. Hierdie aanhaling som ‘n Sonopper perfek op. ‘n Sonopper gaan nie noodwendig die beste op die veld of die slimste in die klas wees nie, maar hy gee NOOIT op nie, en dis wat Sonop laat uitstaan bo al die ander koshuise, dis wat Sonop die beste maak.
Sonop is jou onregverdige voordeel in die lewe. Hierdie is iets wat ‘n Oud-Sonopper vir my gesê het en tot vandag toe bly dit my by. Elke dag wat verby gaan sien mens dat Sonop’n belegging in mens se lewe is.
Sonop vat jong seuns en leer hulle wat dit is om manne te wees. Manne wat met waarheid en krag die Koninkryk van God in ons midde vestig. Manne wat met Liefde en Godvresendheid hulle rolle as hoof en priester van hul gesinne sal inneem. Manne wat in God se lig wandel en aanhou soek na ‘n dieper verhouding met God.
Wat is erger as ‘n huis sonder ‘n moeder…? Beslis “Sonop sonder ‘n Nonnie” As Sonop Nonnie is dit nie net my plig om elke jongman se maag vol te hou nie, maar uit liefde dra ek elke Sonopper se belange op die hart. Nonnie is jou ma weg van die huis…
‘n Sonop inwoner is ‘n doodnormale persoon wat harder werk as ander normale mense en dit is die kern tot Sonop se sukses.
Hardewerk, deursettings vermoë en moeilike tye. Sonop leer jou hoe om onder moeilike omstandighede te funksioneer – diamante word slegs onder hoë druk gevorm. Christelike waardes, karakter en deursettingsvermoë, dis ons kultuur.
Dit gaan oor trots. Dit gaan oor geskiedenis en tradisie. Dis die Hoop vir die toekoms. Op alle gebiede, van kultuur , akademie en op die sportveld. Word die gewone outjie eweskielik n held. Sondagaand ego die klank van n groep mans deur die Strate van Pretoria. 105 jaar se tradisie is altyd saam in gees. Want Bittermin kan n Sonopper wees.
SONOP JOOL
JOOl (Jou Onbaatsugtige Opoffering vir Liefdadigheid) of RAG (Reach out and Give) is een van die jaarlikse aktiwiteite waarna alle sonoppers uitsien. Vroeg in die jaar neem die 2de jaars deel aan ‘n kort termyn projek waar hulle aan behoeftige organisasies fisiese strukture bou om die organisasies te bevorder. In 2020 het Sonop vir Laerskool Danville 28 dubbel sitplek skoolbankies gebou en by die DBV Watloo tak gehelp met bewusmaking vir aanneming van troeteldiere en fasiliteite skoon gemaak. JOOL behels egter nie net n kort termyn projek vroeg in die jaar nie. Bloedskenk is ‘n belangrikke aktiwiteit wat ons regdeur die jaar doen. JOOL dra ook by tot die gemeenskap om Sonop. Sonop het tydens die Covid-19 krisis handskoene, hand saniteer middels, koffie en beskuit aan alle sekuriteits personeel in die gemeenskap verskaf. Jool help ook gereeld uit by sop kombuise. Jool is belangrik vir ons hier by Sonop Christelike Tehuis omdat ons nie net ons dankbaarheid kan betoon deur ander mense te help nie maar ons glo ook vas in Die vrug van die Gees. Dit is ‘n term wat die Apostel Paulus gebruik om nege sigbare eienskappe van ‘n ware Christelike lewe op te som : Dit is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid enselfbeheersing (Galasiërs 5:22).