Op 17 Maart 2020 is Sonop ontruim weens die Covid-19 pandemie. Na lang besprekings en veiligheids maatreëls is die eerste groep studente die 5de Junie terug na die tehuis. Hierdie groep studente sluit die huis kommittee, streeksleiers, finale jaars en ‘n handjie vol tweede- en eerstejaars. Dit maak in totaal omtrent dan 30% van die totale huis op.
Ons hoop om die volgende studente met die aanvang van die tweede semester op 3 Augustus terug te verwelkom. Daar was ook geleentheid om ‘n mini-huisfoto te neem. Hierdie huisfoto sal verseker in die boeke opgeskryf word as die vreemdste een nog!