Op ‘n manier is die BOS-Telegraaf ‘n hulpmiddel om historiese gebeurtenisse in Sonop se bestaan vas te lê. Graag fokus ek in hierdie uitgawe op van dié gebeure in 2022 naamlik die verskuiwing van die 10-Pierneef werke van die La Motte-Museum in Franschhoek na die Erfenissentrum by die Voortrekker Monument, Sonop sê dankie aan die NG Kerk met ‘n Kremetart-afdruk, Sonop kry twee Pierneefs by sy versameling en die 2022 BOS-dag op 24 September 2022. Daar is ook etlike ander koshuisnuus wat deur die Koshuishoof versamel en in dié uitgawe opgeneem is.