SONOP   WINKEL

Sonop was nog altyd trots op ons huisdrag en streeksdrag – van streekspakke en streeksdasse, tot vellies en belde, van oortrek truie en kraaghemde tot sportbroeke en gholfhemde. Sodra jy die koshuis verlaat, word jou klerekas nooit aangevul nie en voordat jy kan sien bevind jy jouself in ‘n situasie waar jou gunstelling Sonop-trui ‘n gat in het en jy hom nie meer kan dra nie.

Daarom het ons die Sonop Winkel op die been gebring. Hier sal jy jaarliks jou klerekas kan aanvul met die nuutste Sonopdrag. Volg die skakel om die katalogus af te laai en meer inligting te kry oor die nodige afsnydatums. Plaas jou bestelling en maak jou betaling aanlyn. Ons lewer jou klere vir jou af enige plek in Suid-Afrika.