Sonop Koshuisliga Rugby Wenners 2016

Sonop het in 2016 in die eindstryd teen Huis Mopanie in die koshuisliga rugby finaal gespeel en was as die koshuisliga kampioene van 2016 gekroon na hul 9-3 gewen het. Sonop sal dus hierdie jaar in die nasionale Varsity koshuisliga rugbytoernooi speel. Dit is Sonop se vyfde keer wat ons in hierdie nasionele toernooi deelneem. Ons laaste deelname hierin was 12 jaar gelede. Die datum, plek en tye van die wedstryde kan op die kalender gesien word by gebeure.